Luister na jou leser
2006-05-18
ONS leef tans in 地 verbruikersera waarin elke verbruikersitem teen 地 magdom vergelykbare items moet kompeteer.
Dieselfde geld ook vir die kommunikasie-items waarmee ons daagliks in die werksomgewing te doen kry - verslae, tenders, voorleggings, webblaaie, korrespondensie, bemarkingsmateriaal, ensovoorts.
Maar wie is die eindverbruikers van hierdie kommunikasie-items? Die lesers natuurlik, wat daagliks 地 magdom papierwerk moet hanteer.
As skrywers van kommunikasie-items moet ons dus onder meer die volgende vrae vra: * Spreek ons kommunikasie-items werklik tot ons lesers (verbruikers)? * Weet ons regtig wie die lesers van hierdie kommunikasie-items is? * Vang ons instansie se kommunikasie-items ons lesers se oog? * Watter beeld van ons instansie dra ons kommunikasie-items oor?
Die Universiteit Stellenbosch Taalsentrum bied op Donderdag 22 Junie 地 informele halfdag-seminaar (middag) aan wat die effektiwiteit van korporatiewe kommunikasie-items op 地 inleidende wyse sal ondersoek.
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 15 Junie. Inskrywings kan verkry word van Maretha Joyce by 808-2167 of e-pos mjoyce@sun.ac. za.
More
News
|