Kyk sterre in die Karoo
2006-05-18
STERRE en stories oor die Karoo is op die spyskaart wanneer die ATKV-tak van Wellington in Julie na Sutherland toer.
Vanjaar sal toerlede op Saterdag 29 Julie op die bus klim, en op Sondag 30 Julie terugkeer Wellington toe.
Op pad word daar by die historiese Matjiesfontein vertoef, waar die geskiedkundige ou museum, herehuis en die Lord Milner Hotel besoek sal word.
Saterdagaand en Sondagoggend word die sterrewag en die nuwe SALT-teleskoop besoek onder leiding van Willie Koorts, Wellington se eie sterrekundige.
Verblyf word in die Sutherland Hotel aangebied, wat aandete en ontbyt insluit. ‘n Ontbytpakkie word vir Saterdagoggend voorsien.
Die toerkoste van R560 per persoon sluit alle onkostes in. Besprekings sluit teen 20 Junie, met ‘n 50% deposito wat betaalbaar is. Vir meer inligting, kontak Daan Spamer by 082-872-4958.
More
News
|