Werkswinkel oor diens in wynbedryf
2006-05-18
’n WERKWINKEL getiteld “Van die wingerd tot die wynglas” word op Dinsdag 23 Mei by Le Bac Estates op die R45 in Noorder-Paarl aangebied vanaf 08:00-17:00.
Dié werkwinkel word jaarliks aangebied as ’n geleentheid waar personeel gemotiveer word tot beter dienslewering asook om deurgaans ’n goeie beeld van die SA wynbedryf uit te dra.
Verskeie sprekers sal praat oor onder meer hantering van wynmedia/pers, emosionele intelligensie, vestiging van nuwe handelsmerke, interessante wynproeë en die belangrikheid van effektiewe organisasie - veral ten opsigte van dienslewering asook belangrike sleutelpunte by die verkoop van wyn.
Sprekers sluit in rolspelers in die wyn- en sakebedryf soos Cassie du Plessis (besturende redakteur, WineLand/Fynproe), Retha Alberts (dosent en besigheidskonsultant); Koos Jordaan (produksiehoof by Cape Coastal Vinters), Vivienne Wootton, Sakevrou uit Groot Brittanje (“All organised”) asook Judy Elliott, onafhanklike opleidingskonsultant.
Kostes beloop R495 en sluit middagete in. Vir inligting of besprekings, skakel Elma Brand by 863-0397, faks 086-689-3520 of events@definitelydifferent.co.za.
More
News
|