Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Oppas vir ander se sigaretrook

Oppas vir ander se sigaretrook
 
2006-05-18


DIE Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) probeer mense gedurende Mei inlig omtrent die gesondheidsgevare van rook, met die oog op 31 Mei wanneer dit Wêreld nie-Tabakdag is.

Een van die onderwerpe wat hulle bespreek, is passiewe rook (die inaseming van ander mense se sigaretrook).

Tabak bevat meer as 4000 toksiese chemikalieë. Drie-en-veertig hiervan is bekende kankervormende bestanddele.

Voorbeelde van hierdie toksiese chemikalieë sluit in:

* Koolstofmonoksied, die gas wat in die uitlaatgasse van motors aangetref word. Dit verminder die hoeveelheid suurstof in jou bloed.

* Nikotien, die verslawende dwelmmiddel wat druk op jou hart plaas en die kanse op ’n hartaanval verhoog.

* Waterstof-sianied, ’n giftige gas wat die fyn haartjies wat help om die longe skoon te maak, vernietig.

* Insekdoders (bv DDT)

* Radio-aktiewe komponente; en

* Toksiese metale (bv arseen).

Systroomrook word nie gefiltreer deur ongebrande tabak of ’n sigaret-filter nie.

Dit word ook by ’n laer temperatuur vervaardig as in die geval van hoofstroom rook, dus word minder gifstowwe verbrand.

Soos systroomrook die sigaret verlaat, is die gifstowwe dikwels meer gekonsentreerd as in hoofstroomrook.

Blootstelling aan sigaretrook by die werk is skadelik vir nie-rokers.
Navorsing toon dat blootstelling aan omgewingsrook gemiddeld hoër is by die werk as by die huis.

’n Nie-roker wat ’n kantoor met ’n roker deel, asem sigaretrook in gelykstaande aan vyf sigarette per dag.

In ’n oggend se tyd (’n halwe werkdag) neem ’n nie-roker nikotien gelykstaande aan drie sigarette in deur passiewe rook.

Oor ’n tydperk van 20 jaar, is ’n nie-roker wat heeldag in ’n tabakbesoedelde kantoor werk, se kanse op longkanker honderd keer groter as wanneer hy in ’n gebou sou werk wat asbes bevat.

Vir meer inligting, kontak Kansa tolvry by 0800 22 66 22 of u naaste Kansa-kantoor by 876-3589.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za