Geen Winterskool vanjaar
2006-05-18
DIE Winterskool wat jaarliks gedurende die laaste week van die wintervakansie deur die Mathcardsentrum by Hoërskool Gimnasium aangebied word vir matrieks, sal nie vanjaar kan plaasvind nie.
Die leerkragte wat jaarliks help met die aanbieding van Wiskunde, Natuur- en Skeikunde en Rekeningkunde, moet gedurende die komende vakansie verpligte opleidingskursusse bywoon.
Die Lenteskool vir graad 11- en graad 12-leerders gedurende die Septembervakansie sal egter wel plaasvind.
Inligting oor die Lenteskool sal gedurende die derde kwartaal bekend gemaak word. Vir navrae, skakel 082-854-3611.
More
News
|