Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skoolkrieketgroepe word aangewys

Skoolkrieketgroepe word aangewys
 
2006-05-18


DIE voorlopige oefengroepe vir die onderskeie Boland skolekriekespanne is onlangs aangekondig.

Groepe van sowat 16 spelers is by elke span gekies om so te verseker dat die room van Boland in Desember teen die ander provinsies te staan kom.

Die provinsiale oefengroepe sal in Junie met ’n oefenprogram begin en ook ’n paar oefenkampe deurloop voordat die finale spanne aangekondig word.

Plaaslike spelers wat in die voorlopige o.19 meisiespan opgeneem is, is Ronel Pentz (Paarl Gim), Lauren Esterhuyse (Bridge House), Moseline Daniels, Joavanne Marang (albei New Orleans), Felicia Mars (Kylemore) en Bea Terblanche (Labori).

Die meisiespanne speel van 7 tot 11 Desember in Kimberley teen mekaar.

Plaaslike spelers wat in die o.19 Coca-Cola span opgeneem is, is Marchant Genis, Lee-Irvin Alexander, André Kemp, Dirkie Marais (almal Paarl Gim), Robyn Andrews, Tiaan Cloete, Clayton August (aldrie New Orleans), Tennyson Botes (HJS), Ockert Erasmus, Carl Nyman (Boland Landbou).

Die Boland speel vanjaar gasheer vir die o.19 Coke Toernooi wat van 16 tot 20 Desember op Stellenbosch plaasvind.

In die o.17 span is Franco Marais, Charl Malan, Peter Williams (HJS), Imran Nackerdien, Johan Sadie, Nico Hanekom, Hein Adonis en Leonard Louw (Paarl Gim) en Clayton Blommetjies (New Orleans).

Die o.17-span reis na Bloemfontein vir hul toernooi wat van 7 tot 11 Desember gespeel word.

Die spelers wat in die o.15 PG Bison groep ingesluit is, is Keldon Swanepoel (Bridge House), Pierre Kriel (Paarl Gim), Edrich Cook, Rabian Engelbrecht (albei New Orleans), Marvin Nicholas (Klein Nederburg), Neil Rautenbach en Charl Smith (albei HJS).

Dié toernooi vind van 9 tot 13 Desember in Gauteng plaas.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za