Grey te rats vir Boishaai
2006-05-18
GROTER slaankrag in sy agterlyn het Saterdag vir Grey Kollege met 20-5 sukses besorg in sy rugbywedstryd teen Hoër Jongenskool in die Paarl.
Dit was ’n klipharde wedstryd en die twee pakke voorspelers het baie goed teen mekaar opgeweeg.
Die Vrystaters het eers in die laaste kwartier die oorhand gekry danksy die penetrasie-vermoë van die agterspelers.
Die tuisspan het in die eerste helfte soos tiranne verdedig wat die besoekers se aanvalle in toom gehou het en hulle rustyd ’n voorsprong van 6-0 gegee het.
Die onverpoosde aanvalle het egter hul tol begin eis en laat in die tweede helfte het albei Grey se vleuels gaan druk.
HJS se drie vroeg in die tweede helfte is deur die heelagter, Wian Buys, gedruk.
HJS kon slegs vyf van die 21 wedstryde wen; o.14E (17-5), o.14D (27-0), o.14C (27-3), o.14B (47-0) en o.16B (29-17).
Grey het al die A-spanwedstryde gewen: o.14A (8-0), o.15A (33-8), o.16A (25-24). HJS se spanne het ’n puntetotaal van 261 aangeteken en 528 punte afgestaan.
* Paarl Gim het Saterdag weer ’n loesing gekry toe Paul Roos die Paarliete 19-14 (7-10) geklop het.
Gim se drieë is deur Hanno Swart en Johan Sadie gedruk. Dewald Duvenage het sukses behaal met albei doelskoppe.
* Dit blyk nie ’n naweek vir die Paarl-spanne te gewees het nie, met Hoër Landbouskool Boland wat ook 18-13 die knie moes buig teen Biskoppe.
Morné Hanekom en Bernard Swart het die Paarliete se drieë gedruk. Pieter Esterhuizen was in die kol met ’n strafdoel.
More
News
|