Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Proe die verskil

Proe die verskil
 
2006-05-18


’n LEKKER kuierdag, waar jy die verskil kan kom proe tussen ’n koesiester en ’n koeksister, word op Saterdag 27 Mei by die Afrikaanse Taalmuseum in die Paarl aangebied.

Die oggend begin om 09:00 en sluit in koffie en koe(k)si(e)sters, ’n toer van die museum se multi-media uitstallings, asook ’n filmvertoning van die rolprent Dirkie.

Dié rolprent van Jamie Uys word ná byna 40 jaar steeds in verskillende uithoeke van die wêreld bewonder en bespreek. Die Engelse weergawe, Dirkie lost in the Desert, sal ook in ’n aparte lokaal vertoon word.

Die toer deur die museum word in Afrikaans of Engels aangebied.
Kaartjies kos R20 en is slegs vooraf beskikbaar by Natasha by die Afrikaanse Taalmuseum in Pastorielaan 11 (872-3441).

* Museumdag: Die Afrikaanse Taalmuseum gooi vandag hulle deure vir die publiek oop ter viering van Internasionale Museumdag.

Toegang tot die museum sal op dié dag gratis wees.

Die museum huisves 'n huismuseum sowel as ’n moderne multi-media uitstalling wat besoekers ’n kykie bied op die ontwikkeling en diversiteit van Afrikaans.

Temas sluit in die wortels en variante van Afrikaans, asook volkswoordkuns. Hier kan jy jou kennis toets van idiome en gesegdes, hoor hoe mense oor die land heen die taal op hul eie unieke manier praat, en uitvind wat die oorsprong van Afrikaanse woorde is, soos byvoorbeeld van die woord ‘baie’ - een van vele woorde wat ons uit Maleis geërf het.

Die museum is oop van 09:00 tot 16:00. Skakel 872-3441 vir meer inligting.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za