Tee vir nasorgsentrum
2006-05-18
‘n GROEP Wellingtonse vroue is hard aan die woel met ‘n oggendtee wat ten bate van die Alta du Toit Nasorgsentrum in Kuilsrivier gehou gaan word en waartydens Plusster Le-Lue Roode die gaskunstenaar sal wees.
Die oggendtee word op Saterdag 22 Julie om 09:30 vir 10:00 in die NG Gemeente Wellington-Noord kerksaal aangebied.
Die fondse gaan ter ondersteuning van die Alta du Toit Nasorgsentrum, waar gestremde volwasse persone lewenslank versorg word en werksgeleenthede soos pottebakkery en tuinboukunde aan hulle gebied word.
Die tehuis bied onder meer versorging aan gestremde persone met Down-sindroom of breinskade.
Le-Lue, ‘n boorling van Malmesbury, het bekendheid verwerf as Die Burger se tweede Plusster, en het onlangs haar eerste CD uitgereik. Sy is reeds ‘n gewilde musikant op verskeie kunstefeeste in die Wes-Kaap.
Benewens haar optrede sal die sang van die koor van Alta du Toit Nasorgsentrum ook gehoor kan word, terwyl suster Ella Thompson meer sal vertel oor die sentrum se fasiliteite en dienste.
Kontak Dalene Leipoldt om ‘n kaartjie of ‘n tafel te bespreek by 873-3119 of 083 545 6794. Kaartjies kos R50.
More
News
|