Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wilde Willemientjie se sege

Wilde Willemientjie se sege
 
2006-05-18


DIE Avonture van Wilde Willemientjie, deur Riana Scheepers, is eersdaags in die Klein Libertas Teater op Stellenbosch te sien.

Die drie vertonings is om 11:30 op Saterdae 20 en 27 Mei.

Die klein, wilde meisietjie met sproete en ’n slangetjie in haar woeste rooi hare, het vir groot opwinding gesorg by die pas afgelope KKNK.

Die boek was nie net die topverkoper in die Boekeparadys nie (twee besendings boeke is deur gretige kopers opgeraap en het binne ’n ommesientjie uitverkoop), maar die musikale verwerking van die teks deur Niël Rademan is ook bekroon met ’n gesogte Kanna-toekenning as Beste kinderproduksie van die KKNK 2006.

Die avonture van Wilde Willemientjie is ’n musikale kinderversdrama uit die boonste rakke wat spog met ’n sterbelaaide rolverdeling van jong, bekroonde akteurs.

Dit is ’n energieke, vrolike, interaktiewe opvoering gemik op kinders van alle ouderdomme. (Kinders ouer as 60 is wel aangeraai om voor die vertoning deeglik uit te rus, aangesien die akteurs geen verantwoordelikheid aanvaar het vir algehele uitputting nie!)

Regie en musiekregie is gedoen deur Niël Rademan - wat ook die klavier bespeel. Die rolverdeling is Lindi Smit (as ouma, mamma, Cassandra en die bose jagter), Deon van Zyl (as oupa, pappa, die skelm skurk en die gemsbok) en Burnese Cronjé (as die onweerstaanbare Willemientjie). Die stelontwerp is gedoen deur Jacolene de Haan.

Kaartjies vir die Klein Libertas Teater is R30 elk. Besprekings by 883-8164.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za