Ligstraal hou basaar
2005-03-04
DIE Ligstraal Skool vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes in die Paarl hou Saterdag 12 Maart hul jaarlikse basaar by die skool in Pienaarstraat 60.
Die hekke open 10:00 en daar sal onder meer koek, koeldrank, vrugte, groente en brood te koop wees.
By die hoofkostafel is steak of 'n halwe hoender met slaaie te koop en by die mini-kostafel is daar roti, kerrie, pasteitjies, samoosas, slaptjips en worsrolletjies.
Daar sal ook 'n biertent wees en kindertafel met lekkers en speelgoed.
Navrae by die hoof, Joaline Lackay, 862-7182.
More
News
|