Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Werknemer skik met hotel

Werknemer skik met hotel
 
2005-04-14


DIE Paarlse vrou wat onlangs ’n arbitrasiesaak aanhangig gemaak het by die CCMA oor ’n arbeidsdispuut met De Oude Paarl Hotel, het die saak geskik deur ’n skeidingspakket te aanvaar.

Gerhard Meyer, eienaar van De Oude Paarl Hotel, het te kenne gegee dat hy die uitspraak van die arbiter ten gunste van Agenbag op appèl sou neem na die Arbeidshof omdat hy nie die arbitrasieverrigtinge kon bywoon nie.

“Die CCMA het gefouteer deur voort te gaan met arbitrasie sonder om my versoek dat ’n ander datum gevind word, in ag te neem, die kommissaris daaroor in te lig of my dokumentasie voor te lê.”

Hoewel die arbiter bevind het dat R12 000 plus rente betaal moet word vir vier van die twaalf maande se vergoeding wat geëis is deur Angela Agenbag (voorheen assistent-bestuurder van die hotel se restaurant), het sy vir ’n laer bedrag met Meyer geskik.

Volgens Meyer was hy onbewus van die restaurantbestuurder se beweerde ooreenkoms met Agenbag dat sy permanent aangestel sou word na haar kraamverlof. Daar is geen bewyse dat so ’n belofte aan haar gemaak is nie.

“Alle persone wie se poste afgeskaf is met herstrukturering van die restaurant het pakkette ontvang soos met elk onderhandel is, behalwe me Agenbach, wat arbitrasie verkies het.

“Sy het voorverlede week wel die skikkingspakket aanvaar, wat aansienlik minder is as wat die arbitrasiebedrag was, maar het dit nie aan die Paarl Post openbaar nie.”



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za