Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vier in hof oor satansmoord

Vier in hof oor satansmoord
 
2006-05-18


VIER mans het die afgelope week saam in die Paarlse Landdroshof verskyn op aanklag van die moord op ’n kerkman.

Charles Jacobs is op 31 Oktober wreedaardig gemartel voordat hy met ’n tuinvurk doodgesteek is in die Mormoonse Kerk in Klein Drakensteinweg, waar hy as opsigter gewerk het.

Die Keniaan, Ewans Marani, en Selwyn Adonis van Desmorestraat, Paarl-Oos, is kort na die moord in hegtenis geneem.

Daar is vermoed dat daar nog medepligtiges was, en na verdere ondersoek deur die polisie is twee mans, Anil Pharoah en Edwill Gerber, in verband met die moord vasgetrek.

Charles se bewoë suster, Sharon Wyngaardt, het gesê dat dit in ’n mate ’n verligting vir die familie is dat al vier beskuldigdes nou agter tralies sit.

“Dit bring egter nie ons broer terug nie, en dit maak baie seer wanneer ons die mans in die hof sien. Ek sal nooit hulle gesigte vergeet nie.”

Die saak is tot 26 Junie uitgestel.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za