Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Mans vergas in vragmotor

Mans vergas in vragmotor
 
2006-05-18

Lise Beyers

’n FRATSONGELUK het gelei tot die tragiese dood van twee plaaslike mans.

Raymond Beerwinkel (44), ’n vragmotorbestuurder van Saron, en sy assistent, Elroy Fransman (36) van Wellington, het Vrydagaand oornag by Anderson Transport se depot in Durban, nadat hulle ’n vrag daar afgelewer het.

Nadat die ander vragmotors Saterdagoggend reeds vanuit die depot vertrek het, en Raymond en Elroy se vragmotor bly staan het, het ’n sekuriteitswag onraad vermoed.

Toe hy ondersoek gaan instel, het hy op hul lyke in die vragmotor se kajuit afgekom.

’n Ondersoek is ingestel na die moontlikheid dat ’n kampeer-toestel op die rit geneem is, en dat ’n lekkende gassilinder die mans se dood veroorsaak het.

Raymond se broer, Andrew, het gesê dat hy gelewe het vir die langpad.

“Raymond het dadelik na skool betrokke geraak by vragmotors. Hy het drie weke gelede ’n nuwe vragmotor begin bestuur en was baie opgewonde daaroor.”

Wilma Anderson van Anderson Transport het gesê dat dit met skok en hartseer is dat Anderson Transport moes afskeid neem van twee hardwerkende werknemers deur die dood.

Raymond het vir sewe jaar vir Anderson Transport gewerk en daarna sy eie vragmotor gekoop, waarmee hy vir Anderson as
subkontrakteur gery het, maar sedert 2000 het hy weer direk in Anderson se diens getree.

“Raymond was fanaties oor trokke en al was hy ’n gekwalifiseerde werktuigkundige, het hy verkies om langafstand te ry.

“Elroy was ’n vriendelike hardwerkende persoon en die vragmotor was altyd skoon en netjies.

“Ons sal hul interessante stories, vriendelikheid en hardwerkendheid mis. Anderson Transport spreek sy meegevoel uit met hul familie en vriende.”

Daar is gister ’n lykskouing gehou, om die presiese oorsaak van hul dood vas te stel.

Raymond se begrafnis vind Sondag om 11:30 vanuit Rachel Beerwinkel se huis in Langstraat, Saron, en 12:30 by die VGK Saron. Hy word oorleef deur sy moeder, Rachel en twee kinders, Readon (17) en Anretha (13).

Elroy word Saterdag om 11:00 vanuit sy woning te Klaasenstraat 20 begrawe. Hy word oorleef deur sy vrou Ria en vier kinders: Leroy (15), Candice (19), Theodore (12) en Marlin (9) wat gestremd is.

* Two truck drivers died inside the cab of their truck in a freak accident possibley due to a leaking gas bottle.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za