Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Diep waters laat kinders klappertand op pad skool toe

Diep waters laat kinders klappertand op pad skool toe
 
2006-05-18

David Joshua

“EK kan goed swem”, vertel Heinrich Basson (12) van Rondeheuwel Primęr op Hermon. Hy is een van die leerlinge by die skool wat deesdae kortpad vat deur die Bergrivier nadat hul skoolbusdiens opgeskort is.

“My ma weet ek gaan deur die rivier en het my ’n pak slae belowe, maar ek wil graag by die skool kom sodat ek volgende jaar hoërskool toe kan gaan”.

Die kinders het voorheen die bus 2 km van die skool gehaal, maar sedert Januarie het die Departement sy reël dat kinders slegs opgelaai word verder as 5 km van die skool, streng begin toepas.

Altesame 37 leerlinge kwalifiseer nou nie vir staatsbusvervoer nie.

“Wat die departement nie in ag neem nie, is dat die kinders sowat 3 km stap tot by die bushalte. In werklikheid woon hulle 5 km van die skool,” sę skoolhoof Maureen Hendricks.

“Omdat die bus hulle nie meer oplaai nie, kies hulle kortpad deur die Bergrivier, wat lewensgevaarlik kan wees as dit reën,” sę sy. “Boonop word die kinders se ouderdom en die gevaar wanneer hulle die hoofpad kruis, ook nie in ag geneem nie.”

“Wat van aanrandings en moontlike verkragting wat met die kinders kan gebeur?”.

“Met die naderende winterreëns is dit mos net ’n kwessie van tyd voordat ’n tragedie gaan plaasvind en ons begrafnis hou.

“Die bus ry van sy optelpunt halfleeg verby die kleingoed en die busbestuurder mag niemand optel wat nie kwalifiseer vir die busvervoer nie.”

Wanneer die kinders sopnat by die skool aankom, is dit ’n affęre om hulle droog te kry. Onderwysers staan bont met droë klere wat hulle ingesamel het om aan die kinders te leen.

“Al hierdie goed is so tydrowend en dit net oor die opskorting van die bus,” voeg sy by.

Kollega Adam Douman sę dat ’n skolierpatrollie nie gaan werk om die padgevare aan te spreek nie.

“Al die veiligheidsmaatreëls is in plek en ons het nie juis moeilikheid met die kinders se vervoer ondervind nie. Die moeilikheid het begin met die instelling van die 5km-reël.

"Ons het gevra vir die verslapping daarvan en grondige redes daarvoor aangevoer. Ons stel leerlingveiligheid voorop, want ons eerste prioriteit is verantwoording teenoor die ouers. Amptenary behoort hulle van die omstandighede van merietegevalle te vergewis”.

Sewe ander primęre skole in die omgewing (kring vier) word ook geraak deur die besnoeiing in busdiens. Die skole is Soetendal, Wagenmakersvallei, Kersboslaagte, Alfons, Windmeul, Nieuwedrift en Voor Groenberg.

Dit nadat die provinsiale minister van Onderwys, Cameron Dugmore, by vorige geleenthede gesę het dat merietegevalle ondersoek sal word en oorweging sal geniet.

Sowat 39 appelle van skole wat vertoë tot die Onderwysdepartement gerig het oor busvervoerdienste by hulle skole, lę by die ministerskantoor.

* Children of Rondeheuwel Primary in Hermon are forced to ford the Berg River on the way to school because they live “too close” to catch the school bus.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za