Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Atlete kan mooi natuur bewonder

Atlete kan mooi natuur bewonder
 
2006-05-18


DIE tweede landloop-ligabyeenkoms van Boland Atletiek vind Saterdag op Hangklip se sportveld plaas.

Behalwe vir die aanskoulike roete deur die dorp se natuurskoon, sal die atlete ook gelok word deur die prysgeld wat op die spel is vir die eerste drie atlete in elke afdeling. Medaljes is op die spel.

Dié byeenkoms sal die laaste geleentheid wees waar atlete kan voorberei vir die belangrike tweede Boland landloop-proewe wat eersdaags by Brandvlei Korrektiewe Dienste op Worcester sal plaasvind.

Die proewe word deur die Boland keurders gebruik om atlete te identifiseer vir die komende SA Landloop Kampioenskap.

Soos die geval was tydens die eerste ligabyeenkoms op Tulbagh, sal die langste item van die dag slegs 4km wees pleks van die gebruiklike 12km.

Dit word gedoen om die atlete wat vir die Boland-span wil kwalifiseer, reeds vroeg in die seisoen die geleentheid te gee om spoed te ontwikkel.

Die eerste item begin om 11:30 en registrasie van atlete kan reeds van 10:00 gedoen word.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za