Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Stones klop Raithby goed

Stones klop Raithby goed
 
2006-05-18


NA ’n rukkerige begin het Riverstones Saterdag tog daarin geslaag om Raithby 16-12 te klop.

Die Paarliete het maar gesukkel om aan die gang te kom, wat daartoe bygedra het dat die besoekers teen rustyd 9-6 voorgeloop het.

In die tweede helfte het die tuisspan egter met meer doelgerigtheid gespeel en Raithby in hul halfgebied vasgepen.

Riverstones se stelskopper het gesukkel om sy visier gestel te kry en vier strafskoppe na die pale gemis.

Hilton Green het sy gebruiklike drie gedruk terwyl Delano Hoffman ook ’n vyfpunter behaal het.

Gershwin Paulse was in die kol met ’n strafdoel terwyl Cheslyn de Bruyn ’n skepdoel behaal het.

Die tweede span het 7-8 verloor terwyl die derde span ’n tegniese sege behaal het, nadat hul teenstanders nie opgedaag het nie.

Riverstones speel Saterdag weg teen Blue Downs. Die bus vertrek om 11:30 vanaf New Orleans.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za