Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl huidige rugby-voorloper

Paarl huidige rugby-voorloper
 
2006-05-18


DIE selfvertroue van Paarl Rugbyklub se eerste span het ’n groot hupstoot gekry toe hy onlangs vir Kraaifontein 32-10 geklop het.

Kraaifontein het verlede jaar nog in die WP se eerste liga gespeel, en was voor dié nederlaag op sy tuisveld die voorloper in die tweede liga.

Danksy die vyf punte wat Paarl hier verdien het, is hy die nuwe ligavoorloper met 23 punte en die enigste span wat ná vyf wedstryde nog onoorwonne staan in die liga.

Dit was ’n klipharde wedstryd en teen rustyd het die besoekers 15-7 voorgeloop.

In die tweede helfte het Paarl egter die oorhand begin kry deur alle fasette van die spel te oorheers.

Goeie dryfspel en aanhoudende druk van Paarl se voorspelers het verseker dat die gedugte pak van Kraaifontein nie balbesit kon kry nie.

Die tuisspan se agterlyn het met die genoegsame besit die krane oopgedraai en vier drieë gedruk, met Terence Valentyn (2), Eugene Herklaas en Ernie Petersen wat oor die lyn geval het.

Jacques Hendricks was suksesvol met twee strafskoppe en drie doelskoppe.

Paarl II het 17-10 gewen, terwyl Paarl III 24-0 verloor het. Paarl se o.20-span het 15-12 teen Pniel Villagers verloor.

Strand United (20) is tans tweede op die punteleer, met Kraaifontein (19) in die derde plek.

Paarl speel Saterdag op Daljosafat Stadion teen Albions.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za