Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Woonstelblok beoog in Paarl

Woonstelblok beoog in Paarl
 
2006-05-18


DIE perseel waarop die St Stephen’s Kerk se begraafplaas in Skoolstraat, Noorder-Paarl, geleë was, gaan ontwikkel word.

Sowat tien jaar is alle ontwikkeling van die gebied gestaak toe die grafte gevind is.

Volgens Albert Geiger, landmeter, is ’n permit om oorskot uit die grafte te verwyder, toegestaan, en is daar ’n argeoloog op die terrein om toesig te hou oor enige vondse.

Die bouers Enslin & Van Zyl beoog die oprigting van ’n woonstelblok van twee verdiepings met 40 woonstelle op die perseel van 4679 vierkante meter.

Die terrein is gesoneer vir groepbehuising, en word tans geadverteer vir hersonering na algemene woonsone (Subsone A) vir die oprigting van die woonstelle.

“Daar is ’n groot behoefte aan behuising in die Paarl, en hoër digtheid is nodig,” het Geiger aan die Paarl Post gesê.

Besware, indien enige, kan tot 19 Junie by die Munisipaliteit ingedien word.

* Op die plaas Sonneskyn in Napierstraat beoog die eienaar, Dawie Joubert, die inrigting van ’n ou skuur as wynkelder. ’n Gedeelte van 694 vierkante meter word geadverteer vir hersonering na “spesiale sone” vir hierdie doel.



More News
  • Hotel to convert to retirement centre
  • Nuwe daghospitaal vir Noorder-Paarl
  • Progress in Klapmuts
  • Green office block planned for Paarl Mall
  • Skole speel groot rol in Drakenstein se eiendomsmark
  • Woonstelmark wil-wil wakker word
  • Objections to Waterfront development
  • Farm up for auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za