Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Laer Paarl te sterk vir Perseverance

Laer Paarl te sterk vir Perseverance
 
2005-04-14


DIE span van Laer Paarl (Blues) het wel Saterdag vir Perseverance 17-12 geklop, maar daar is nog heelwat plek vir verbetering.

Te veel foute, besluiteloosheid en ’n gebrek aan samespel het verhoed dat Blues die wedstryd op Daljosafat Stadion met ’n groter punteverskil wen.

Ter verdedigding van die Paarl-span het heelwat vuilspel daartoe bygedra dat hul spel omvergegooi is. Twee Blues-spelers moes behandeling ontvang na byt- en trapvoorvalle.

Dit het die Blues-spelers ietwat intimideer en kon hul gevolglik eers laat in die tweede helfte die wenpunte aanteken.

Gerswin Davids, Ashley Swartz en Mannie Solomons het drieë gedruk. Jeff Davids was in die kol met een doelskop.

Die tweede span het 13-0 geseëvier terwyl die derde span 10-6 verloor het.

Onbesliste uitslag vir Young Stars

In ’n titanies stryd het Young Stars vir Adelaars harde bene laat kou om so ’n gelykopuitslag van 10-10 te verseker.

Pieter Arendse het Stars se drie gedruk ná ’n mooi agterlynbeweging. Die orige vyf punte is deur die skopvoet van Jeandré Kleynhans aangeteken.

Young Stars se ander uitblinkers was Riaan Neels, Rodney Daniels, Wayne Buys en Wayne Davids.

Violets sorg vir opskudding

Paarl se Violets het Saterdag vir ’n groot opskudding op Daljosafat Stadion gesorg toe hulle die gedugte span van Manenberg 25-13 geklop het.

Manenberg het hard probeer om die wedstryd in hul guns te swaai deur die gebruik van hul sterk voorspelers, maar die tuisspan wou niks daarvan weet nie.

Violets se kaptein, Hamley Marquard, asook sy spanlede Chesley Theo, Nolan Timmy en Denver Pietersen (man van die wedstryd) was die Paarliete se uitblinkers.

Theo en Garby Ruiters het vir Violets gedruk, terwyl Morné Pietersen met vyf strafskoppe geslaag het.

Saterdag speel Paarl Violets weg teen Blakes. Die bus vertrek om 11:00 vanuit Groenheuwel.

Bal flous Vineyards

Die skeef hop van die bal het Saterdag die finale sê gehad in Vineyards se 23-18 (7-8) nederlaag teen St Georges op Daljosafat Stadion.

Vineyards was kort voor die einde 18-16 voor in ’n wedstryd wat nog enige kant toe kon gaan.

’n Skop deur ’n St Georges-speler het onverwags teruggespring voor die wagtende Vineyards-vleuel, Niejaaz Abrahams, en in die hande van die besoekers se vleuel te lande gekom.

Dié het sonder enige moeite onder die pale gedruk en die tuisspan se lot verseël.

Nasief Abrahams (vleuel) en John Koopman (heelagter) het Vineyards se drieë gedruk. Andrew Victor (losskakel) het met ’n doelskop en twee strafskoppe geslaag.

Die B-span het 17-15 gewen en die derde span verloor 29-0.
Vineyards speel Saterdag op City Park teen Perseverance. Bus vertrek 12:00.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za