Man sterf in ongeluk
2006-05-25
’n MAN het gesterf en nog 25 mense is beseer toe ’n bakkie en ’n bus Vrydagoggend om 07:15 in ongure weer by Pniel gebots het.
Die Toyota Hilux het onder die bus, wat kontrakwerkers vervoer het, vasgesit.
Die liggaam van die bakkiebestuurder, David Keuler (38) van Stellenbosch, kon eers later uit die wrak bevry word nadat die bus met ’n hyser opgelig is.
Hy was na Franschhoek op pad, toe die ongeluk gebeur het.
Die busbestuurder en 24 werkers is na hospitale in die Paarl, Stellenbosch en Somerset-wes geneem met ligte beserings.
More
News
|