Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Amptenaar moet geld terugbetaal

Amptenaar moet geld terugbetaal
 
2006-05-25


DIE voormalige adjunk-tesourier van Drakenstein Munisipaliteit, Ian Kenned, oorweeg regstappe teen die oud-burgemeester, Herman Bailey.

Dié berig het gister in ’n Kaapse poniekoerant verskyn en verwys na bewerings dat Kenned ’n onregmatige oortydbedrag van R80 000 aan homself betaal het gedurende sy diens by Drakenstein.

Kenned, nou finansiële hoof by die Stellenbosse Munisipaliteit, se regsverteenwoordiger gaan ook geen terugbetalings aan Drakenstein doen nie.

Volgens Lionel Egypt, die regsverteenwoordiger, is die aantygings ongegrond.

Intussen het ’n woordvoerder van die Munisipaliteit, Anthony Sauls, gesê die raad het ’n besluit geneem dat Kenned die bedrag moet terug betaal. Die saak is by hul regsmense en daar kan nie verder kommentaar gelewer word nie.

* Nog ’n saak is op die oomblik hangende by die Munisipaliteit. Dit is die bedrogsaak van R294 000 waar ’n man in November ’n brief aan die Munisipaliteit geskryf het op ’n briefhoof van die Paarl Post.

Hierin het hy beweer dat die bedrag verkeerdelik in die Munisipaliteit se rekening betaal is en gevra vir ’n regstelling. Dit is gedoen en die man en die geld is tot vandag toe nog soos ’n groot speld weg.

Volgens Sauls is die polisie nog besig met die ondersoek en die Munisipaliteit oorweeg nog moontlike opsies.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za