Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Lykhuise nou Gesondheid toe

Lykhuise nou Gesondheid toe
 
2006-05-25


DIE staatslykhuis by die Paarl polisiestasie sal voortaan deur die Departement Gesondheid bedryf word, wat ook dié fasiliteit gaan opgradeer.

In die verlede was lykhuise onder die bestuur van die SAPD, wat verantwoordelik was vir al die forensiese dienste.

Dit is ’n landwye besluit deur die Departement van Gesondheid om 106 staatslykhuise oor te dra, om hulle deel te maak van ’n omvattende forensiese patologiese diens.

Altesame R72 miljoen is opsy gesit om staatslykhuise op te gradeer om broodnodige toerusting en voertuie aan te koop.

Die regering het verder ook ’n vyfjaar-plan om forensiese dienste te moderniseer.

Gedurende dié tydperk beplan die staat om nog sowat sestig nuwe lykhuise landwyd te bou.

Personeellede van die lykhuise wat lede van die SAPD is, is die geleentheid gebied om eerste aansoek te doen vir die sowat 1349 nie-mediese poste wat landwyd geadverteer is.

Indien hulle nie belang stel nie, word hulle teruggeplaas na polisiekantore.

*The government is in the process of transferring morgues from the police to the Department of Health.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za