Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Young Peoples Rugbyklub vier fees

Young Peoples Rugbyklub vier fees
 
2005-04-14


AS deel van die Young Peoples Rugbyklub se 110 jaar feesvieringe, speel ’n plaaslike uitnodigingspan teen ’n oorsese toerspan.

’n Drakenstein Streekspan sal Woensdagaand op Daljosafat Stadion teen die Royal Marines van Engeland te staan kom.

Twee o.15 hoërskoolspanne van Klein Nederburg en Simondium sal om 17:45 in ’n voorwedstryd kragte meet voordat die hoofwedstryd om 19:00 afskop.

Nick Mallett, nuwe direkteur van afrigting by die WP Rugbyunie, sal ook die wedstryd bywoon.

’n Oefengroep wat bestaan uit spelers van die plaaslike klubs is reeds saamgestel. Na afloop van Maandagaand se oefening sal ’n finale span aangewys word.

Die oefengroep is Alwyn Hugo, Ju-Wayne Cyster, Denver Adams, Roderick Allies, Morné Goetham, Joss Sauls, Jenovan Carolissen (almal Albions), Barry Williams, Jacques Lategan, Sammy Titus, Brian Willians, Garth Lewis (almal Young Peoples), Tino Prins, Rowan Fortuin, Jeremy Koukom (aldrie Young Gardens), Anwar Dalvie, Adlee Moerat, Abas Hendricks, Adam Moerat (almal Vineyards), Roger Ruiters, C Collie (albei Paarl Rangers), Johannes Voster, John Baer (albei Paarl), Henley Marquard, Shawn Anderson (albei Violets).

Die afrigters is Colin Anderson, Randal Williams en Brandon Abrahams.

Die Marines-spelers sal Woensdagoggend van 11:00 tot 12:00 ’n afrigtingskliniek vir o.15-spelers by Faurestraat Stadion hou.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za