Leer van lofdanse
2006-05-25
DIE NG Kerk Paarlberg bied op Saterdag 3 Junie, in samewerking met die Tehillah-lofdansgroep van Malmesbury, ’n lofdanswerkswinkel aan.
Fokus sal veral val op vlagwerk, lapwerk (banners), tamboeryne en intersessie-dans.
Dit is ’n praktiese werkswinkel en geskik vir enigeen wat meer wil weet oor verskillende aspekte van lofdans.
Dit word aangebied in die skoolsaal van die Laerskool Noord-Eind van 09:00 tot 16:00. Kinders is ook baie welkom. Trek asseblief gemaklik aan.
Die koste beloop R20 per persoon, wat koffie en tee insluit. Persone wat dit bywoon, moet hul eie middagete saambring.
Boeke oor die onderwerp en tamboeryne sal te koop aangebied word.
Enigeen wat belang stel, moet voor 31 Mei inskryf by Anra Visser by 872-4950 of 083-283-1613 of Elmaré Visser (084-614-4780).
More
News
|