Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vier Kersfees in Junie

Vier Kersfees in Junie
 
2006-05-25


GENIET ‘Kersfees in Junie’ by Cape Chamonix op Saterdag 24 Junie vanaf 19:00, wanneer die wynkelder en restaurant in die skilderagtige Franschhoek- vallei saamspan om ’n onvergeetlike aand vir wyn-en kosliefhebbers aan te bied.

‘Kersfees in Junie’ is beplan sodat gaste ’n tradisionele Europese fees teen die agtergrond van die sneeu-bedekte pieke van die ‘Uiteet-hoofstad’ van Suid-Afrika kan vier.

Dane Newton, sjef by Chamonix, het ’n heerlike viergang-spyskaart saamgestel met klassieke Kersgeregte wat deur Chamonix wyne gekomplimenteer word.

Gaste word ontvang met Glühwein en Eggnog om die winterkoue te verdryf en geniet dan die spyskaart wat interessante bestanddele bevat, maar tog geba-seer is op ou gunsteling-geregte.

Gottfried Mocke, wynmaker by Chamonix, neem gaste op ’n kos- en wynroete deur die aand terwyl hy motiveer waarom elke wyn die spesifieke geregte komplementeer.

Die aand sluit af op ’n hoë noot wanneer ongewone en waardevolle items vir welsyn opgeveil word.

Winste vir die aand sal geskenk word aan die Franschhoek DBV vir die sterilisering van huisdiere.

Die koste per persoon beloop R200. Vir meer inligting en bespreking, kontak Loesje by 876-2393 of dnewton@mweb.co.za.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za