Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Zamar by Pinkster

Zamar by Pinkster
 
2006-05-25


DIE lewendige en soms meesleurende geestelike gypsy- en jazz-klanke van die Stellenbosch-gebaseerde musiekgroep Zamar sal as deel van die NG Moedergemeente Wellington se Pinksterweek op Sondag 28 Mei gehoor kan word.

Die vertoning, wat gratis is, begin om 19:00. Die lof en aanbiddingsessie sal vooraf gelei word deur ‘n groep van Joyful Noise.

Die groep bestaan uit Veronica Bell (viool), Anjulie de Vos (kontrabas) en Hilandi du Toit (kitaar) wat vir die snaarinstrumente sorg, met Lyuda Rukavitsyna op trekklavier en Donè McLuckie op djembe en slaginstrumente.

Hul groep se naam beteken “feestelike musiek te maak met die pluk van snare”.

Dié vyftal musikale vroue, wat hul musiek gebruik tot lofsang, het reeds ‘n stewige aanhangersbasis opgebou en was ‘n groot sukses op die KKNK.

Hulle het reeds opgetree saam met kunstenaars soos Steve Hofmeyer en was ook reeds op die kassie op Kunskafee en Pitstop te sien.

Hulle is hoofsaaklik bekend vir hul instrumentele werk, maar wissel dit ook af met sang. Hul tweede CD Spell on You is onlangs
uitgereik.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za