Hulp met beenmurgoorplantings
2006-05-25
DINSDAG 6 Junie kan mense wat wil bloed gee om op die SA Beenmurgskenkingsregister gelys te word, van 10:00 tot 14:00 op Wellington by die NG Moedergemeente se kerksaal aandoen.
Die bloedskenkings word deur die Sunflowerfonds gereël om vir Hanneke Malan, Wellingtonse boervrou met leukemia, en vir al die ander wat dringend ’n beenmurgoorplanting nodig het, ’n skenker te probeer vind.
Persone wat wil skenk, moet aan sekere vereistes voldoen - tussen 18 en 50 wees; die laaste jaar geen operasie of tatoeëering gehad het nie en geen chroniese medikasie neem nie.
Indien jy aan die vereistes voldoen en die vermoë het om R250 te betaal, neem die geld en gaan skenk bloed in die kerksaal. Die Sunflowerfonds en die Malans sal bydra wanneer skenkers nie oor die fondse beskik nie.
Vir skenkings op enige ander dae, moet R250 eers in Sunflower Fund se rekening inbetaal word. Die depositostrokie moet die skenker dan saamneem na Pathcare by Paarl Medi-Clinic (Maandae tot Donderdae).
Die skenker sal ’n vorm invul met standaard mediese vrae. Op die vorm, skryf “gemotiveer deur Hanneke Malan, pasiënt by Constantiaberg Medi-Clinic”.
Indien jy kwalifiseer as skenker, is die proses soos ’n bloedoortapping. Geen operasie word benodig nie.
Die bankbesonderhede is Sunflower Fund, ABSA-bank lopende rekening, nommer 405183 4719, takkode 632 005. Die verwysing is jou van met WTT agterna.
* Possible bone marrow donors can donate blood at Wellington’s NG Church Hall on 6 June.
More
News
|