Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl-Oos Krieket spog met nog 'n titel

Paarl-Oos Krieket spog met nog 'n titel
 
2005-04-14


DIE Paarl-Oos Krieketklub spog met nog ’n titel nadat sy tweede span Saterdag vir Pniel Coronation in die eindstryd van die 45 beurt-kompetisie van die Premier Reserwe-liga geklop het.

Weens ’n skolerugbydag op New Orleans moes die wedstryd noodgedwonge na die Parys-veld verskuif word.

Dit het gelyk of dit ’n lang dag vir Paarl-Oos II kan raak toe hulle slegs 137/10 na 35 boulbeurte kon aanteken.

Tiaan Cloete (42 4x3) en Wilton van Neel (29 4x6) was die Paarliete se vasvatters met die kolf.

Werner Erasmus (20 van slegs 5 balle) en Ryno George (19 4x3) het ook elkeen ’n belangrike beurt gespeel.

Coronations se G Pietersen het met ’n boulontleding van 5/20 ná 8 boulbeurte gespog.

’n Puik vertoning in die veld asook die bedrieglike boulwerk van Paarl-Oos se draaiboulers het die Pniel-span al hul dae gegee.

Teen middagete het Coronations reeds sewe paaltjies plat gehad en ná ’n kort vergadering tussen die skeidsregters en kapteine is daar besluit om deur te druk.

Kort na 14:00 en met nog 15 boulbeurte oor, het Coronation se laaste paaltjie gekantel met ’n skamele 63 lopies op die bord.

Die goeie boulwerk van Justin Watts (4/20 in 8bb), Wayne Minnies (2/14 in 7bb) en die snelbouler Mario de Kock (3/15 in 6bb) het Paarl-Oos van die titel verseker.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za