Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kunskalender

Kunskalender
 
2006-05-25


Piano: Come and relax to the sounds of Carina Momsen & her piano on Friday night @ Paarl Mall from 19:00 till late.

Boekpraatjies: Die oud-uitgewer, Charles Fryer, sal Saterdag om 11:00 in Protea Boekwinkel (Stellenbosch) om oor die bundel kortverhale “Oor spoke gepraat”, wat deur hom saamgestel is, te praat. Petra Müller, Willemien Brümmer, Leonard Koza en EKM Dido sal ook teenwoordig wees om van hulle verhale voor te lees. Saterdag 3 Junie praat Nigel Worden oor sy hoogs fassinerende boek “Trials of slavery”. Skakel 882-9100 vir meer inligting of besoek die webblad by www. proteaboekhuis.co.za.

Kinderteater: Die Avonture van Wilde Willemientjie word Saterdag op Stellenbosch by die Klein Libertas Teater opgevoer. Besprekings by 883-8164.

Kersmark: Soek uitstallers met kwaliteit handgemaakte artikels vir ’n Kersmark van 10 tot 24 Desember by Laerskool Noord-Eind, Paarl. Aansoeke sluit 31 Julie. Kontak Heidi Kleynhans by 073-240-4553.

Faan se Trein: Dié stuk, geskryf deur Pieter Fourie en regie deur Albert Maritz, is van 16 Mei tot 3 Junie in die Kunstekaap Teater te sien. Met Paul Eilers, Johan Malherbe, Johan Botha en Sophia Passerini. Bespreek by Computicket.

Simonsvlei: Die gewilde sanger, Jannie Moolman, tree op Woensdag 31 Mei om 19:00 in die N1 Teater by Simonsvlei op. Kaartjies is R100 elk. Bespreek by info@simonsvlei.co.za of 084-580-4504.

Konsert: Kurt Darren en Gerrie Pretorius tree op Saterdag 17 Junie in die Strand op. Navrae by Liezel, 084-767-2430.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za