Nicola kan sing
2006-05-25
’n JONG sangertjie van Wellington, Nicola Visser (10), stel haar eerste CD, “Mal oor Jou” vry op Saterdag 10 Junie om 19:00 in die Wellington Stadsaal.
Ruben Lennox, wat van die liedjies geskryf het, sal die aand open met ’n paar van sy eie liedjies.
Nicola was verlede jaar die KWV Wynland Talentkompetisie wenner in die Boland se Beginner afdeling, het op 9-jarige ouderdom die hoofrol gespeel in die skool se revue en was ’n finalis in Patricia Lewis se Supersterre-kompetisie.
Sy is vanjaar in gr 5 by Hugenote Laer.
Mense wat belang stel om die aand by te woon, kan een van die volgende nommers skakel: 072-375-0237 of 864-1711 (na 17:00).
More
News
|