Bly oor rekenaars
2005-04-14
DIE nuwe rekenaarsentrum van Newton Primęr is Saterdag ingewy. Dit is moontlik gemaak deur die skenking van 20 rekenaars deur die Mark Shuttleworth Foundation.
Met die verwelkoming het die waarnemende prinsipaal, Jonathan de Vries, namens die skool, personeel en plaaslike gemeenskap, sy dankbaarheid en waardering teenoor die Mark Shuttleworth Foundation uitgespreek.
Hy het genoem dat die skool nou en in die toekoms ‘n al hoe groter rol sal speel om die kinders en die ouergemeenskap wat die skool bedien, meer rekenaargeletterd te maak.
Volgens Jonathan Carter, tegnikus by die Mark Shuttleworth Foundation, gaan die rekenaars gebruik maak van die Linux sagtewareprogram in plaas van Microsoft. Hierdie sagtewareprogram word saamgestel deur vrywillige programmeerders wat dit gratis vir gebruikers beskikbaar stel.
Dalvyn Marthinus, opvoeder en skakelbeampte vir die skool, sę dat hulle deur Yacoob Sonday van die plaaslike Obos kantoor, kontak gemaak het met die Shuttleworth Foundation. Hyself is deur die Stigting gestuur vir kursusse en opleiding.
Die rekenaars by die skool is beskikbaar gestel vir kinders sowel as vir die gemeenskap en is geďnstalleer deur “slug volunteers” - mense wat dit op heeltemal vrywillige en gratis basis doen.
Daar word beoog om die skool-rekenaarsentrum te ontwikkel tot ‘n “International Testing Centre” wat dan die “International Computers Driver’s Licence” (ICDL) sal uitreik.
Aandklasse sal in die nabye toekoms aangebied word. Vir navrae kan die skool gekontak word by 873-2638.
More
News
|