Paulus hou karnaval
2006-05-25
HIERMEE doen Paulus Joubert Sekondêr ‘n beroep op alle oudstudente en ouers om ‘n bydrae te kom lewer met die organisering en reëling met die karnaval vir hierdie jaar.
Die skool beoog om die karnaval in samewerking met die ouers en oudstudente aan te bied. Die idee is om die onderwysers die geleentheid te gun om voort te gaan met hul primêre onderrigfunksie en skoolprogram.
Maandag om 19:00 sal daar ‘n vergadering by die skool gehou word. U insette en positiewe idees sal verwelkom word. Alle ouers, oudstudente en belangstellendes word versoek om hierdie vergadering by te woon.
Kontak die skool vir navrae by 862-3480 of Oem Chai by 082-202-3263.
More
News
|