Groot kuns vir Moedersdag
2006-05-25
’n TOTAAL van 340 inskrywings van agt skole is ontvang vir die Paarl Mall se Moedersdag-kompetisie, ‘Paint Your Mom’.
Die kunswerke van die twaalf wenners gaan gebruik word vir die Paarl Mall Kalender vir 2007 en sal beskikbaar wees in Oktober met die Mall se eerste verjaarsdag.
Keanu Neale van Laerskool Drakenstein het Kategorie 1 (graad 1-3) gewen. Die naaswenners was Luca van Zyl van Laerskool Courtrai, Dione van La Rochelle en Elmarie Jakobs van Hugenote.
Laerskool Hugenote het skoonskip gemaak in Kategorie 2 (graad 4-5) én Kategorie 3 (graad 6-7). Dié afdelings is onderskeidelik deur Hanré van der Vyver en Tristan Adonis gewen.
Die naaswenners in Kategorie 2 was Nico Elfo, Cara Fourie en Chelsea Groenewald, almal van Hugenote Laer.
Kategorie 3 se naaswenners is Mareli Ferreira van Hugenote, Louis du Plessis van Courtrai en Peka Cronjé van Hugenote.
Die volgende huurders het pryse geborg vir die wenners en tweede plekke: Fun ’n Funky, Maxi’s, Red Mountain Spur, Wimpy, Cum Books, Paper Weight, Steers, Paarl Mall, John Dory’s en Cape Arts & Crafts.
Die skole wat deelgeneem het, is Laerskool Courtrai, Primêre Seunskool, Magnolia Primêr, Privaatskool Tersia Theron, Laerskool Drakenstein, Hugenote Laerskool, St Albans Primêr en La Rochelle.
More
News
|