Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rapporteer padvarke

Rapporteer padvarke
 
2006-05-25


EK stem volmondig saam met Ontstelde bestuurder (Paarl Post van 18/5/06) betreffende die onaanvaarbare padvark maniere van motoriste.

Wat meer kommerwekkend is, is dat hierdie onaanvaarbare gedrag besig is om drasties toe te neem.

In toenemende mate het motorbestuurders nie respek vir ander padgebruikers se regte of aandrang op veilige reisroetes nie.

Wetsgehoorsames hoef hierdie padbuffels se gedrag egter nie goedsmoeds te aanvaar nie.

Rapporteer hulle dadelik by die amptelike Padvarklyn met die nommer 0861 400 800.

Met behulp van die registrasienommer wat u moet verskaf, word skrywes aan die oortreders gestuur en ná ’n sekere aantal oortredings word die padvarke vervolg.

Theo van Aarde
Wellington.



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za