Paarliete vlieg kompetisie flou
2006-05-25
DIE talent van die Paarl se modelvliegtuigloodse was dié naweek weer een te veel vir die kompetisie tydens die Boland Model Kunsvlieg Kampioenskap op Worcester.
Dit was weer eens die jong klomp wat die ervare ouer garde ore aangesit het in die sportman-klas.
Die Boishaaiers Divan de Kock en Eduard Kieser het hier onderskeidelik eerste en tweede gekom, met nog ’n Paarliet, Werner Mayer van die (Boland Model Vliegklub), in die derde plek.
In die Sportman Skaal-kompetisie het Ben Kieser van Paarl Hobbies ’n tweede plek losgevlieg met sy Clip Wing Cub terwyl Mayer weer derde was danksy sy vernuf met ’n Edge 540 vliegtuig.
Die Paarl Vliegklub is nou in ’n gunstige posisie om dalk die volgende kunsvlieg-kompetisie aan te bied. Sou dit gebeur, kan die Paarliete hul vere regskud vir ’n modelvlieg-skouspel.
More
News
|