Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Geskiedkundige wen vir WP-stoeier

Geskiedkundige wen vir WP-stoeier
 
2006-05-25


’n GROOT eer het amateurstoei in die Westelike Provinsie te beurt geval toe een van sy lede ’n goue medalje verower het tydens die onlangse Afrika-Stoeikampioenskap in Pretoria.

Coenraad de Villiers van die Durbanville Stoei-Akademie en ’n oud-leerder van Labori het goud verower in die 84kg vrystyl-afdeling vir senior mans.

Dit is die eerste keer in sy meer as honderdjarige bestaan dat die Westelike Provinsie ’n Afrika-stoeikampioen oplewer.
Suid-Afrika het in 2000 laas ’n goue medalje op dié prestige toernooi
gewen.

Stoeiers van 15 lande was vanjaar tydens die toernooi in aksie.

Die Durbanville Stoei-Akademie het drie stoeiers in die SA-span gehad, die meeste van alle klubs.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za