Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Eerste verloor vir Pniel Villagers

Eerste verloor vir Pniel Villagers
 
2006-05-25


DIE eerstespan van Kuilsrivier Rugbyklub het Saterdag vir ’n verrassing gesorg toe hulle die sterk Pniel-span 30-19 geklop het.

Ná die nederlaag het Villagers ook die eerste plek op die punteleer aan Durbanville/Bellville afgestaan wat nou die nuwe voorlopers in die WP se Superliga B is.

Swak verdediging het daartoe gelei dat die rustydtelling 17-7 in die tuisspan se guns was en daarna moes Villagers net opvang-rugby speel.

Uitblinkers in Kuilsrivier se span was hul heelagter Leon Nomjila wat met pragtige teenaanvalle vorendag gekom het en die oopkantflank, Heine Viljoen, wat ’n drie in die doodsnikke gedruk het.

Alles is egter nie verlore vir Pniel Villagers nie, maar daar sal baie hard gewerk moet word aan ’n hele paar aspekte van hulle agterlynspel wat nie op standaard was nie.

Te veel verkeerde opsies is uitgeoefen en die bal kom veels te stadig en te min na die punte waar hulle groot slaankrag lê.

Vir die verloorspan was Gavin Petersen (vleuel) beloon met twee drieë vir sy vasberade spel terwyl Eugene Francis ook gedruk het. Les Boonzaaier het met twee doelskoppe geslaag.

Pniel speel Saterdag tuis teen Elsiesrivier.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za