Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl klop Albions in taai stryd

Paarl klop Albions in taai stryd
 
2006-05-25


DIE eerste span van Paarl Rugbyklub het Saterdag ná 80 minute se harde rugby vir Albions 13-5 geklop.

Albions het in die eerste 20 minute die botoon gevoer op Daljosafat Stadion. Hoewel die tuisspan op Paarl se doellyn geboer het, het goeie verdediging deur die besoekers asook gebrekkige afronding en swak besluitneming deur die tuisspan, ’n deurbraak verhoed.

Albei spanne kon net een drie druk en albei het in die eerste helfte gebeur.

Paarl het eerste bloed geruik toe die vleuel, Brian Cramer, oorval ná ’n aanskoulike agterlynbeweging. Losskakel, Jacques Hendricks, was suksesvol met die doelskop.

Albions antwoord kort hierna met ’n drie deur, Morné Goetham, ná ’n goeie breekslag deur Newin Dennis.

Die doelskop was mis wat die rustydtelling 7-5 in Paarl se guns gemaak het.

Die tweede helfte is deur die skoppers beslis, met die spel wat grootliks in die middel van die veld gespeel is. Paarl se kenmerkende dryfspel het hulle die hef in die hand gegee.

Twee strafskoppe deur Hendricks het die bordjies in Paarl se guns geswaai. Terselfdertyd het drie verbroude strafskop-pogings na die pale Albions se doppie geklink.

Ten spyte van drie van Paarl se spelers wat nie beskikbaar was nie, is dit duidelik dat daar vanjaar met die betreklike jong span rekening gehou moet word.

Paarl se huidige onoorwonne status is te danke aan sy dissipline en fiksheid.

Matthys Bothma was Paarl se speler van die wedstryd, terwyl Albions se Gaimain Poggenpoel die eer van sy span ontvang het.

Albions II het Paarl 10-0 geklop terwyl Paarl III weer 13-0 gewen het. Paarl se o.20-span het sy wedstryd teen Eersterivier 11-0 gewen.

Saterdag speel Paarl tuis teen Belhar. Die o.20’s speel ook tuis teen Macassar. Albions speel op Daljosafat Stadion teen Kraaifontein.

* Die afgevaardigdes van die Drakenstein Super 4-kompetisie kom vanaand by Daljosafat Stadion byeen. Navrae: Stevie 083-451-8967.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za