Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Eerste fietsrytoer vir jong ryers word in Paarl gehou

Eerste fietsrytoer vir jong ryers word in Paarl gehou
 
2006-05-25


DIE Rhadsport Fietsryklub in samewerking met FGB Wheelers bied die naweek die eerste ontwikkelingtoer vir junior en o.16 ryers aan.

Die wedren begin môremiddag om 15:00 met ’n skof op die sirkelroete om Boland Park. Die o.16 ryers sal ses rondes aflê terwyl die juniors om agt rondes sal meeding.

Saterdagoggend word die toer hervat met ’n heuwelklim van 3,5km teen die Jan Philips-pad uit op pad na die Taalmonument.

Dié skof behoort die algehele posisies te bepaal.

Die laaste skof vind plaas op die Simondium/Drakenstein Gevangenis sirkelroete. Die o.16 ryers sal die roete een keer aflê en die juniors twee keer.

Die totale prysgeld vir die wedren beloop R8000 en prysgeld sal vir die onderskeie skofwenners asook die algehele wenners toegeken word.

Die huidige gunstelinge in die onderskeie afdelings is Clint Hendricks (o.16) en Rèniell Matthysen (juniors).

Vir verdere navrae, kan Elrick Kulsen 083-536-9096 of elrick@thepub.co.za geskakel word.

* Die Paarliet, Garth Thomas, het onlangs die WP Ope Padkampioenskap vir die tweede agtereenvolgende jaar gewen.

Thomas wat tans vir die CVT/CSC beroepspan ry, het daarin geslaag
om die bondel-naelrit na die eindstreep te wen. Sy spanmaat, Abdul Hanneschi, ’n Algeryn, was tweede en is ook gekroon as die WP o.23 kampioen.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za