Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Laureus-toekenning vir Ernst

Laureus-toekenning vir Ernst
 
2006-05-25


UITSOEK-GESELSKAP. Dit is waaronder die Paarlse rolstoel-atleet hom nou bevind nadat hy Maandagaand met ’n Laureus-toekenning vereer is.

Van Dyk het tydens ’n gala-geleentheid in Barcelona dié gesogte toekenning ingepalm vir sy verstommende prestasies oor die afgelope vyf jaar.

In die proses het hy met vyf ander aanspraakmakers - Kirsten Bruhn
(Duitsland, swem), Zsuzsanna Krajnyak (Hongarye, skerm), Leo-Pekka Tahti (Finland, rolstoel-resies), Esther Vergeer (Nederland, rolstoel-tennis) en Henry Wanyoike (Kenya, rolstoel-atletiek) - afgereken.

Dit is beslis ’n hoogtepunt vir Ernst wat onlangs die rolstoel-afdeling van die Boston Marathon vir ’n rekord sesde agtereenvolgende keer gewen het.

Sy prestasie in die wedloop tesame met sy 2005 seges in New York, Parys, Seoul en Oita het Ernst is welverdiende wenner gemaak.

“Dit sit jou in ’n heel ander liga om saam met die grootste sportsterre in die wêreld gereken te word. Dit is nie iets wat jy sommer sal herhaal nie,” het Van Dyk voor sy vertrek oor sy nominasie gesê.

Hy was terug in die Paarl ná ’n groot val tydens die Londen Marathon. Dit is ’n marathon wat hy nie gewoonlik doen nie, omdat die datum gewoonlik saam met die Boston Marathon val.

Vanjaar het dit by sy reisplanne ingepas en hy het besluit om deel te neem.

“Dit was ’n duur val, ek het al my toerusting afgeskryf,” vertel Ernst.

“Ek het ook vier paramedics op die hoek uitgevat en een van die ouens het sy been gebreek,” vertel hy verder terwyl hy verduidelik hoe sy wiele op die nat pad gegly het toe hy in ’n draai ingejaag het.

Hyself het egter net ’n paar nerwe verloor en was maar styf toe hy nog dieselfde dag moes terugvlieg Suid-Afrika toe.

Sy nuwe stoel word nou deur sy Amerikaanse borg, die rolstoel-maatskappy, Invacare, aanmekaargesit.

“Hulle het ’n back-up raamwerk van my fiets vir juis sulke noodgevalle,” verduidelik hy.

Dit was ietwat van ’n anti-klimaks kort ná sy rekord-sege in Boston.

“Ek was ietwat gefrustreerd. Ek het gehoop vir ’n beter wedloop, dat die ouens nader aan my sou bly en dat ons ’n beter skouspel vir die mense kon opsit. Nou lyk dit soos ’n runaway, asof daar nie kompetisie is nie en daar is baie taai kompetisie vir my - dis net asof die ander atlete nie by my kan bly wanneer ons in Boston deelneem nie.”

Ernst is die eerste een om te erken dat dié baie na aan sy hart lê.

“Ek het baie vriende in Boston en baie van my borge is ook daar gesetel. Dit is ook ’n wedloop wat baie betaal, as ek daar wen dan betaal dit my jaar. Dit is ook die wedloop wat my bekend gemaak het in Suid-Afrika. Baie mense dink die Boston is al wat ek doen, maar dis maar net omdat die Boston Marathon soveel publisiteit geniet.”

Maar watter doelwitte het hy nog?

“Ná vanjaar se wen is ek nou nog ’n stappie nader aan my doel - om die meeste Boston Marathon seges te behaal. Die huidige rekordhouer is ’n vrou wat dit agt keer gewen het, sewe keer agtereenvolgens. Dan is ek happy.”

Maar vir vanjaar lê daar nog die Amerikaanse Kortbaan Reeks voor in Junie en Julie, asook die Wêreld Kampioenskap vir handfietsry in September en einde vanjaar sal Ernst hoop om sy titels in beide New
York en Japan te verdedig.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za