Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ondernemende vroue dryf plaaslike eiendomsmark

Ondernemende vroue dryf plaaslike eiendomsmark
 
2006-05-25


ONDERNEMENDE vroue speel ’n beduidende nuwe rol in die plaaslike eiendomsmark, sê Era Suid-Afrika se uitvoerende hoof, Gerhard Kotzé.

“’n Onlangse verslag toon dat vroue in Suid-Afrika tred hou met hulle manlike eweknieë wanneer dit kom by die stigting en bestuur van hul eie ondernemings en dat hulle werksaamhede in dié verband op dieselfde vlak is as in ontwikkelde lande soos Amerika en Finland,” sê hy.

“Die verslag is gegrond op ’n internasionale studie deur die Global Entrepreneurship Monitor (GEM). Dit toon dat daar in die lande wat by die ondersoek betrokke was gemiddeld 50 persent meer manlike entrepreneurs as vroue is, maar hoe meer ondernemend ’n land is, hoe meer geneig is vroue om ’n eie onderneming te begin.

“En, in pas met die bevindinge in Suid-Afrika, sien ons vinnige groei in die aantal vroue wat eers ’n eie huis koop en dan beleggingseiendom koop met die winste wat hulle uit hulle eie ondernemings verdien.”

Kotzê sê FNB se jongste barometer vir wooneiendom, wat bedrywigheid in die residensiële mark op ’n kwartaallikse grondslag hersien, toon dat 20 persent van kopers in die laaste kwartaal van verlede jaar enkellopende vroue was, teenoor 15 persent die vorige kwartaal.

“Die statistiek toon nie die ouderdom van sulke kopers, hulle huweliksgeskiedenis of die bron van hulle inkomste nie, maar ons ervaring dui aan dat die meeste enkellopende vroue wat huise koop, eienaars of vennote in ’n onderneming is.

“Dit toon ook dat hulle voorkeur vir sekere soort eiendom - veral lae-onderhoud, hoë sekuriteit-eenhede - nou gewis ’n invloed op die algemene vraag na behuising het en hoë-digtheidseenhede ook meer aanvaarbaar maak.”



More News
  • Hotel to convert to retirement centre
  • Nuwe daghospitaal vir Noorder-Paarl
  • Progress in Klapmuts
  • Green office block planned for Paarl Mall
  • Skole speel groot rol in Drakenstein se eiendomsmark
  • Woonstelmark wil-wil wakker word
  • Objections to Waterfront development
  • Farm up for auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za