Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rekordverkope vir PGE

Rekordverkope vir PGE
 
2006-05-25


IN Maart 2006, die eerste maand van die nuwe boekjaar (Maart 2006 - Februarie 2007), het die Pam Golding Eiendomsgroep ’n nuwe hoogepunt daargestel met hul residensiële eiendomsverkope ten bedrae van ’n ongeëwenaarde R1.6 miljard - ’n rekord vir die groep en meer as 60 persent hoër as wat die maatskappy se residensiële verkope in Maart 2005 was.

Gedurende hierdie maand was die gemiddelde verkoopprys van ’n woning net meer as R1.1 miljoen.

Dr Andrew Golding, uitvoerende hoof van die PGE groep, sê dat hierdie uitsonderlike prestasie ondersteun word deur
verbruikersvertroue in die belegging in bakstene en sement, tesame met voortdurende kapitaalgroei in die eiendomsmark.

“Wat meer is, het die groep oor die afgelope finansiële jaar (Maart 2005 - Februarie 2006), besondere groei en toenemende markaandeel beleef met sowat 77 kantore wat geopen is wat die groep se totale aantal kantore op 263 te staan bring.

“Ons nuutgestigte Bemagtigingsafdeling beskik reeds oor 11 kantore met swart eienaars wat suksesvol sake doen, met nog ses wat in die nabye toekoms vir opening geskeduleer is.

“Ons is vir verdere groei beide op nasionale en internasionale vlak gerat en ondersoek tans addisionele geleenthede in sowat 16 lande dwarsoor Afrika, spesifiek in Wes-Afrika.”

Dr Golding sê dat swartgallige voorspellings vir die eiendomsmark eenvoudig nie gematerialiseer het nie, en alhoewel pryse verstewig het tot meer realistiese vlakke, het die mark stabiel gebly en gegewe die huidige ekonomiese toestande, behoort die toekomende handelstydperk volhoubare groei in eiendomswaardes tussen 10 en 15 persent gemiddeld te sien, afhangende van die ligging.

“Verkope vir Maart dui daarop dat goeie handelstoestande gedurende die komende maande verwag kan word, en wat meer is, moet die positiewe effek van die ontluikende mark nie onderskat word nie.”

Hy het bygevoeg dat hierdie verkope plaasgevind het desondanks die feit dat die verkoop van eiendom aan buitelandse kopers negatief beïnvloed is deur die spekulasie in verband met die moontlike regulasie van hierdie verkopings, en PGE se verkope aan buitelandse kopers in Maart 2006 het R106 miljoen beloop - minder as sewe persent van die groep se totale verkope vir die maand.

Gedurende die afgelope finansiële jaar het die PG Eiendomsgroep totale verkope van R17 miljard behaal, ’n syfer wat verkope insluit deur alle afdelings, ingesluit Pam Golding Kommersieel (PGK).

PGK het besonders goed gevaar deur transaksies ter waarde van R1.15 miljard te beklink, deur bemiddeling van die groep se Verhurings- en Verkopeafdeling, sy Internasionale Afdeling (te wete die gesamentlike onderneming met Athanor Investments), Golding Hotel Beleggingskonsultante (GHB), Pam Golding Vakansie in Eiendom en Giltedge Reise.

GHB het ’n besonderse besige jaar beleef waarin hulle suksesvolle transaksies met ’n kapitale waarde van R365 miljoen beklink het - 75 persent meer as die vorige jaar.

Sommige van die grootste kommersiële transaksies wat deur PGK gesluit is, sluit een in Gauteng in ter waarde van R57.5miljoen in en een van R42 miljoen in die Wes-Kaap.

Gedurende hierdie tydperk (Maart 2005 - Feb 2006) was die gemiddelde huisprys wat deur PGE behaal is, net oor R1 miljoen - heelwat meer as die nasionale gemiddelde, terwyl verkope aan buitelandse kopers R865 miljoen verteenwoordig het.

Hoogtepunte van die afgelope finansiële jaar sluit buitengewone verkope van residensiële eiendomme ter waarde van meer as R100 miljoen in (Noordhoek, Wes-Kaap), R45 miljoen en R32.5 miljoen (Franschhoek, Wes-Kaap), R26 miljoen (Midrand, Gauteng) en R24 miljoen (Paarl, Wes-Kaap).

In sy kommentaar oor die jaar wat voorlê, sê Dr Golding dat die voorspelling positief bly met beheerde inflasie, stabiele rentekoerse, hoë sake- en verbruikersvertroue en goeie BBP groei, saam met die komende 2010 Sokker Wêreldbeker - wat Suid-Afrika van geweldige vergrote wêreldblootstelling sal voorsien.



More News
  • Hotel to convert to retirement centre
  • Nuwe daghospitaal vir Noorder-Paarl
  • Progress in Klapmuts
  • Green office block planned for Paarl Mall
  • Skole speel groot rol in Drakenstein se eiendomsmark
  • Woonstelmark wil-wil wakker word
  • Objections to Waterfront development
  • Farm up for auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za