Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Belangrike onderwerpe by konferensie

Belangrike onderwerpe by konferensie
 
2006-05-25


VINPRO en Wynkelders Suid-Afrika hou eersdaags weer hul reeks jaarlikse distrikskonferensies.

Aangebied in verskillende streke, word die Paarl, Stellenbosch en Malmesbury streekkonferensie gehou by die Delvera Restaurant, Stellenbosch, op Woensdag 21 Junie.

Kernbelangrike verwikkelinge en uitdagings in die wynbedryf-omgewing sal aangespreek word. Dit skep ’n geleentheid vir wynprodusente en -kelders wat nie misgeloop moet word nie.

Persone wat die besprekings sal lei, is Abrie Botha, Henk Bruwer, Stephen Hobson, Jos le Roux, Kobus Marais en Yvette van der Merwe.

Kom stel vrae, lewer kommentaar en praat saam oor die tendense en uitdagings van die internasionale markplek, Swart Ekonomiese Bemagtiging, die voorgestelde Wynbedryfhandves en VinPro se adviesdiens.

Ook oor ’n strategie vir volhoubaarheid van die produsent en waar ons staan met oes, afset en voorraadvlakke.

’n Vingerete sal na afloop van die konferensie aangebied word.

Bevestig asseblief u teenwoordigheid met Patricia Jordaan by 807-3237, faks 863-2079 of E-pos: jordaan@vinpro.co.za.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za