Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Imatu vier tien jaar in plaaslike bestuur

Imatu vier tien jaar in plaaslike bestuur
 
2006-05-25


IMATU het deur die moeilike tye geleer om positief te wees en wat op hul pad kom as uitdagings te hanteer en oplossings te soek. Só het Danie Carstens, president van dié munisipale vakbond, verlede week gesê.

Hy het gepraat by die 18de streekkonferensie op Wellington, wat die vakbond se tiende bestaansjaar gevier het.

Imatu is op 8 Maart 1996 in Bloemfontein gestig, toe vyf enersdenkende unies byeen gekom het om een, nie-rassige demokratiese vakbond te stig. Die vyf was Saame, Salawu, JMEA, DMES en Nuela.

Imatu het vandag 70 000 lede met ’n nasionale kantoor in Tshwane en streekkantore in al die provinsies.

In Drakenstein het hulle 1000 lede en verteenwoordig die meerderheid van die werkers in die munisipaliteit.

“Die afgelope tien jaar het Imatu gegroei tot ’n vakbond wat mee rekening gehou moet word in plaaslike bestuur,” het Carstens gesê.

“Ons het ’n groot invloed gehad op die voortbestaan van plaaslike bestuur. Ons is deur verskeie verkiesings wat ’n groot invloed op ons lede gehad het.

“Sedert politiek in plaaslike bestuur gekom het, het die speelveld heeltemal verander. Na elke verkiesing moes ons somtyds met nuwe politieke partye saamwerk. Dit was somtyds moeilik, maar ons het hierdeur bewys dat ons a-polities is en met almal kan saamwerk.

“’n Belangrike mylpaal was die onderhandelinge om eenvormige diensvoorwaardes vir ons lede deur die land te beding. Dit het jare gevat, baie tyd en opofferinge, maar op die ou end het ons professionele onderhandelaars die knoop deurgehak.”

Carstens sê daar lê nog baie uitdagings voor, soos die beoogde skuif van amptenare na die staatsdiens, Reds, primêre gesondheid en Salga se dreigemente om pensioenfondse te herstruktureer.

Ten slotte het Carstens gesê sosiale verantwoordelikheid moet ’n belangrike doelwit word.

Vakbonde het ’n groot rol te speel in die toekoms, het burgemeester Charmaine Manuel gesê in haar openingsrede by die konferensie.

Sy het gesê die voorgestelde Wet op Munisipale Werknemers en die regering se voorneme om arbeidswetgewing te verander, sal ’n uitdaging vir almal wees.

Die burgemeester sê Imatu het nog altyd nou saamgewerk met die Drakenstein stadsraad, nieteenstaande watter party in beheer is nie.

“Ek weet die raad sal ook in die toekoms op Imatu se samewerking kan staat maak,” het sy afgesluit.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za