Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tiere gee UWK gas

Tiere gee UWK gas
 
2005-04-14


DIE Tiere van Young Peoples Rugbyklub het Saterdag verras toe hulle ’n sterk span van UWK 28-16 geklop het.

Die Paarliete het in die proses vier drieë gedruk om ’n waardevolle bonuspunt te verseker.

Peoples moes die afgelope twee wedstryde sonder heelwat van sy staatmakers klaarkom. ’n Paar jongelinge het egter hul hand opgesteek tydens die kans wat hulle gegun is.

Die onervare span van Barry Williams het soos trojane saamgespeel en hul geensins deur hul groter teenstanders laat intimideer nie.

Peoples se nuwe aanvallende benadering het vir aanskoulike rugby gesorg en UWK kon nie die pas enduit volhou nie.

Williams asook Brian Williams, Jody Davids en Delwaine Cornelissen het Peoples se drieë gedruk.

Cornelissen het met twee doelskoppe geslaag terwyl Thysie Pietersen suksesvol was met ’n strafdoel.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za