Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Norval vertraag verrigtinge

Norval vertraag verrigtinge
 
2006-06-01


VERMEENDE dolk-moordenaar Clifford Norval het verlede week ’n landdros van die Paarl streekshof erg ontstoke gemaak.

Norval is in aanhouding sedert 2 April en word aangekla van moord op ’n straatwerker, Ellenor Leander (53).

Ellenor is 19 keer met ’n dolk gesteek in die woning wat hy met sy ma deel in Aurorastraat, Denneburg.

Haar lyk is daarna tot in die straat voor die huis gesleep. ’n Bloedspoor het die polisie tot by die Norvals se voordeur gelei.

Daar is verwag dat Norval Vrydag sou pleit, maar sy staatsaangestelde regsverteenwoordiger, Minette Meintjies, het aan die landdros verduidelik dat sy deur Norval in kennis gestel is dat ’n privaat prokureur in haar plek aangestel gaan word.

By navraag het hy gesê dat sy familie ene Van Wyk uit Somerset-Wes wou aanstel en dat hy hom reeds in die tronk kom besoek het.

Die landdros, Anna-Marie Immelman, het nie goed reageer op dié nuwe verwikkeling nie.

Die hof is verdaag en Meiring is aangesê om Amanda Norval te skakel om te hoor van die nuwe prokureur.

Ná die reses het Meiring verduidelik dat dit wel so is dat die familie ’n privaat prokureur wil aanstel, maar dat daar tans nie eenstemmigheid in die familie oor dié kwessie is nie.

Landdros Immelman het aan Norval gesê dat hy ’n volwassene is en dat hy sy eie probleme moet oplos.

“Dié keer gee ek jou vergunning vir ’n maand om die situasie uit te sorteer. In dié hof is daar nie tyd om te mors nie.”

Die hofsaak is tot 23 Junie uitgestel.

Ellenor se dogter, Andreline Nell, was woedend ná die verrigtinge.

“Hy is net besig om ons lyding te verleng deur die speletjies.

“Ons wil net hê dat hy gevonnis moet word, sodat ons met ons lewens kan aangaan.”

* Paarl court proceedings were held up last week as alleged dagger-killer Clifford Norval, could not produce his legal representative.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za