Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kontreifees op Wellington

Kontreifees op Wellington
 
2005-04-14


DIE Hugenote Laerskool op Wellington hou op Dinsdag 26 April ‘n Kontreifees vroegaand by Boland B Stadion.

Die fees behels ‘n heerlike vermaaklikheidsprogram van musiek- en dansitems aangebied op die maat van tradisionele Afrikaanse Musiektreffers.

Etekaartjies sal te koop wees by die skool op 18 en 22 April teen R40 (hoenderpotjiekos, noedels, ‘n stampmieliegereg en ‘n broodtafel).

Vir die kinders sal daar ‘n sappige hamburger met ‘n vrugtesap vir R15 wees. Elkeen bring sy eie eetgerei en kom kuier lekker saam.

Heerlike doughnuts, roomys en vrugtesap sal te koop aangebied word en daar sal ook ‘n billike kontantkroeg wees, asook ‘n snoepie vir die kinders, waar allerhande lekkernye te koop sal wees. Jou etekaartjies sal vir jou gratis toegang tot die stadion gee.

Vir diegene wat die kuier egter nog ‘n bietjie wil uitrek, sal daar tentstaanplekke wees teen R30 per gesin per staanplek.

Vir dié langasems sal daar ‘n heerlike laatnagprogram wees met musiek, grappe en stoepstories.

Bring u eie kamptoerusting en eetgoed vir ontbyt en kom kuier heerlik saam. Vir navrae kan u die skool skakel by 873-1362.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za