Bambi hou partytjie
2006-06-01
TER viering van hul 30ste verjaarsdag hou Bambi Preprimêr op Wellington ’n formele dans en ete op Vrydag 9 Junie van 19:00 by die Provence onthaalsentrum.
Biltongsop, fudge poeding en Marokkaanse hoender sal onder meer op die spyskaart wees om die dansers krag te gee vir hul passies die aand op die dansvloer.
Kaartjies kos R100. Vir meer inligting, kontak Bambi by 872-2817.
More
News
|