Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hulp met beenmurgoorplanting

Hulp met beenmurgoorplanting
 
2006-06-01


DAAR is baie bloedsiektelyers wat reeds al die chemoterapie-behandelings ontvang het, maar nou ’n beenmurgoorplanting moet kry om te keer dat die kanker hervat.

Een van hulle is Hanneke Malan (42), boervrou van Groenvlei, Wellington.

In haar familie is daar nie ’n geskikte skenker nie en ook nie op die beenmurgregister nie.

Mense wat wil bloed gee om op die SA Beenmurgskenkingsregister gelys te word, kan Dinsdag van 10:00 tot 14:00 op Wellington by die NG Moedergemeente se kerksaal aandoen.

Die bloedskenkings word deur die Sunflowerfonds gereël om vir Hanneke, en vir al die ander wat dringend ’n beenmurgoorplanting nodig het, ’n skenker te probeer vind.

Persone wat wil skenk, moet aan sekere vereistes voldoen - tussen 18 en 50 wees; die laaste jaar geen operasie of tatoeëering gehad het nie en geen chroniese medikasie neem nie.

Indien jy aan die vereistes voldoen en die vermoë het om R250 te betaal, neem Dinsdag die geld en gaan skenk bloed in die kerksaal.

Indien die R250 ’n probleem is, kan die Sunflowerfonds ’n bewys vir gratis skenking gee, of skakel Hanneke sodat die Malans kan help.

Vir skenkings op ander dae, moet R250 eers in Sunflower Fund se rekening inbetaal word. Die depositostrokie moet die skenker dan saamneem na Pathcare by Paarl Medi-Clinic (Maandae tot Donderdae).

Die skenker sal ’n vorm invul met standaard mediese vrae. Op die vorm, skryf “gemotiveer deur Hanneke Malan, pasiënt by Constantiaberg Medi-Clinic”.

Indien jy kwalifiseer as skenker, is die proses soos ’n bloedoortapping. Geen operasie word benodig nie.

Die bankbesonderhede is Sunflower Fund, ABSA-bank lopende rekening, nommer 405183 4719, takkode 632 005. Die verwysing is jou van met WTT agterna.

Vir meer inligting kan Venessa Horn van Sunflower gekontak word by 701-0661.

* Possible bone marrow donors can donate blood at Wellington’s NG Church Hall on Tuesday 6 June.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za